


Suid-Afrika se enigste honderas, die Boerboel, het onlangs by die Afridome in Parys, Vrystaat, trots gepronk. Nie net was dit die eerste Węreld Boerboel-skou en veiling nie, maar ook die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging se 25ste verjaardag. Dus ‘n jolige stertswaai-makietie.
Top-presteerders is vooraf by streekskoue aangewys en minstens 124 boerboele het by die węreldkampioenskappe tong uitgehang. Die moderne boerboel is glo geteel uit die genetiese materiaal van die Bullenbijter – ‘n mastiff-hond uit Europa en die hond van die Afrika se swart bewoners.
Die honde word in drie klassie beoordeel; die Sub-juniors wat van 6 weke tot 9 maande oud is, die Juniors wat tussen 9 en 18 maande is en dan die Seniors. Elk word in subkategorieë verdeel. Reuns en tewe neem ook nie teen mekaar deel nie omdat hul baie verskil wat grootte betref.
Elke teler soek na uitmuntende fisieke en positiewe genetiese eienskappe, maar dis juis ook rustigheid en kalmte waarop ook gefokus word.
Wenners uit albei geslagte kry goud, silwer of bronstoekennings by al die kategorieë en dan is daar ook nog die Kampioene en Grootkampioen. So word ‘n Subjunior-, ‘n Junior- en ‘n Senior kampioen aangewys. Die Grootkampioen word uit die junior én seniorklas aangewys. Frans du Toit se Koevoet het die seniors se kategorie A gewen en sy ander hond, Voorslag Dozer is, is as die Węreld- Groot-reun-kampioen aangewys.
Telers wie se honde hier pryse wen, se diere is natuurlik gesog regoor die węreld by ander telers en boerboelliefhebbers.
Beslis ‘n opsie om te oorweeg as jy na ‘n lojale troeteldier en waghond soek, maar onthou dat stimulering en afrigting van kardinale belang is.
PASELLA Sę DANKIE AAN
SA Boerboel Telers Vereniging